Stad Windhoek kies Donderdag nuwe leiers

Stad Windhoek het bevestig sy verkiesing van nuwe ampsdraers sal Donderdag plaasvind. Die hoofstad is tans amptelik leierloos en het ook nie ‘n uitvoerende hoof nie. Die raad sal na verwagting Donderdag die burgemeester, onderburgemeester en lede van die bestuurskomitee verkies. Burgemeester Sadé Gawanas, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle het reeds hul agenda vir die raadsvergadering ontvang.