NEFF gaan môre opruk na universiteite oor registrasiefooie

Die NEFF gaan môre optogte hou na Unam, Nust en IUM. Hulle doen ‘n beroep op tersiêre instellings regoor die land om onmiddellike op te hou om vir registrasiefooie te vra. In ’n mediaverklaring haal NEFF die Namibiese Grondwet aan, wat elke Namibiër die reg op onderwys waarborg. Die politieke party het alle tersiêre instellings gevra om weg te doen met registrasiegelde aangesien dit inbreuk maak op die reg op onderwys. Die party sê hy sal die gemeenskap, insluitend studente, mobiliseer om optogte te hou indien hoër-onderwys-instellings nie gehoor gee aan sy oproep nie. NEFF eis verder dat studente wat reeds registrasiegeld betaal het, terugbetaal word.