Stad Windhoek beplan nuwe behuisingsprojek in Cimbebasia

Windhoek se burgemeester, dr. Job Amupanda en ander raadslede het vandag die Cimbebasia-woonbuurt besoek waar die stad beplan om ‘n behuisingsprogram te vestig. Die terrein is sowat 24 hektaar groot en suid van Matamanstraat geleë waar 900 behuisingseenhede opgerig gaan word. Die projek is nog in sy beplanningsfase en na verwagting sal die huise tussen 380 000 en 650 000 Namibiese dollar kos.