Onderwysministerie: Inenting in Namibië is vrywillig

Die Namibiese onderwysministerie het gereageer op die Suid-Afrikaanse departement van basiese onderwys wat bewerings ontken dat hy inenting vir matriekleerlinge verpligtend gaan maak. Die departement sê leerders sal nie verplig wees om ingeënt te wees voor hul toegelaat word om eksamen te skryf nie. Matrikulante ouer as 18 word wel sterk aangemoedig om die entstof te ontvang, maar sal nie gedwing word nie. Edda Bohn, die adjunk- uitvoerende direkteur van die Namibiese onderwysministerie, gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor die stand van sake in Namibië en sê inentings is nie gedwonge nie, maar ‘n vrywillige keuse.