Stad Tshwane: Swendelaars buite werksoekers uitOctober 11, 2022
Die Stad Tshwane is ontsteld oor swendelaars wat niksvermoedende werksoekers emosioneel uitbuit. Dit volg nadat ‘n kennisgewing op boodskapplatforms rondgestuur is oor ‘n vals uitnodiging na ‘n onderhoud vir ‘n posisie by die munisipaliteit. Die stad se woordvoerder, Lindela Mashigo, waarsku dat verspreiders van sulke vals inligting in hegtenis geneem, aangekla en vervolg sal word aangesien hul optrede aan misdadigheid grens.