Stad Tshwane probeer steeds agterstallige geld insamel

Die Stad Tshwane gaan voort met sy virtuele uitreikprogram wat ten doel het om kliënte aan te moedig om hul munisipale rekeninge te betaal. Die program wil ook hulp aan kliënte bied met ander verwante navrae oor die betaling van rekeninge. Die stad se woordvoerder, Sipho Stuurman, sê Tshwane se groep finansiële dienste betrek inwoners via Zoom om kliënte regstreekse kommunikasie te bied.