Stad Tshwane help tydens oorstromings

Die Stad Tshwane se departement paaie en vervoer sê hy is verheug hy kon bydra tot die stad se hulpverleningspogings ná die swaar reën wat oorstromings in sommige dele van die metro veroorsaak het. Die stad se woordvoerder, Sipho Stuurman, sê altesaam 2 340 kilometer is in die loop van die reddingspoging afgelê. Stuurman sê die stad bly daartoe verbind om inwoners van die metro by te staan in hulle tyd van nood.