Sewes in Kaapstad ‘n wonderlike geleentheid

Die voorsitter van Wêreldrugby, Bill Beaumont, sê die Wêreldbeker-sewestoernooi in Kaapstad sal ‘n perfekte platform bied vir die wêreld se beste spelers om hul talente ten toon te stel. Kaartjies vir die driedaagse geleentheid, wat in September in Kaapstad aangebied word, sal op die 28ste van hierdie maand te koop wees. Nieu-Seeland is die heersende kampioen in beide die mans- en vrouetoernooie. Beaumont sê hulle sal voortgaan om nou saam met SA Rugby te werk om die lewering van ‘n veilige toernooi vir almal te verseker.