Stad Tshwane help om kragmaste af te breek

Die Stad Tshwane sê Eskom sal help met die afbreek en verwydering van die beskadigde kragmaste en kragdrade op die N4. Sewe krag-draadstrukture langs die N4-oos deurpad is opsetlik beskadig, wat wydverspreide kragonderbrekings in die ooste van die hoofstad veroorsaak het. Die ontwerp-aspekte word ook afgehandel voordat Eskom nuwe kragmaste na die toneel bring. Die woordvoerder van die stad, Selby Bokaba, sê Tshwane het ook om vir Sanral en Gautrans toestemming gevra sodat tegnici hulle werk kan doen.