Stad Tshwane, Dokters Sonder Grense begin gesondheidsprojek

Die Stad Tshwane, in vennootskap met Dokters Sonder Grense, sal vandag met ‘n inklusiewe en volhoubare gesondheidsorg-projek begin. Die departement se woordvoerder, Lindela Mashigo, sê die bekendstelling volg nadat ‘n ooreenkoms onderteken is tussen die twee instellings met die oog op verskaffing van gesondheids-en maatskaplik-verwante dienste. Hy sê die projek sal inwoners van Tshwane se lewens verbeter.