Stad Kaapstad skakel vanaand Kersliggies aan

Die Stad Kaapstad het vir die tweede jaar besluit om die gratis opelug konsert by die jaarlikse aanskakel van die feesliggies, te kanselleer. In die verlede het die geleentheid sowat 100-duisend toeskouers gelok. Die stad sê met die huidige Covid-19 inperkings, is dit onmoontlik om die konsert te hou. Die burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sal wel nou net na sewe-uur vanaand by ‘n klein seremonie die ligte by die hoofkruising in Adderleystraat aanskakel. Die lei die feesseisoen amptelik in, en skop die aanskakel-tema van Kaapstad as Stad van Geleenthede af.