Stad Kaapstad se openbare vervoerplan beloop R10 miljard

Die Stad Kaapstad het fase 2A van die geïntegreerde openbare-vervoerplan aangekondig, met ‘n geraamde algehele kapitaalbesteding van meer as 10 miljard rand. Meer as een miljard rand sal in die 2021-22-boekjaar bestee word. ‘n Woordvoerder, Greg Wagner, sê fondse sal aangewend word vir die verkryging van busse, die vervanging van alle fases van die MyCiTi-diens en die kostes verbonde aan die oorgang na die minibustaxibedryf.