Stad Kaapstad moet binne week reageer op Zeekoeivlei-besoedeling

Die Stad Kaapstad het sewe dae tyd om te reageer op ‘n bevel van die departement van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning in die Wes-Kaap oor die besoedeling van Zeekoeivlei. Dit volg nadat inspekteurs van omgewingsbestuur bevind het dat beduidende besoedeling veroorsaak word deur riool wat uit ‘n foutiewe mangat in die Valsbaai Natuurreservaat lek. Die LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, sê die onvermoë om aan ‘n bevel gehoor te gee, is ‘n ootreding en kan uitloop op ‘n boete van tot tien miljoen Namibiese dollar.