Stad Kaapstad bied internasionale sporttoernooie aan

Die Stad Kaapstad bly ʼn belangrike internasionale sportbestemming met drie groot byeenkomste wat binne die eers ses maande vir die eerste keer in die Moederstad sal plaasvind. Van Saterdag af is dit ses maande tot die Netbal Wêreldbeker in Julie, terwyl dit een maand is voor die eerste Kaapstad E-Prix. Volgens ʼn woordvoerder van die DA, Gillion Bosman, sal Kaapstad ook die gasheer wees vir verskeie wedstryde in die IKR Vroue T20 Wêreldbeker vir 2023.