Stad Johannesburg gaan kabeldiefstal en vandalisme ondersoek

Die Stad Johannesburg het forensiese ondersoekers aangestel om vandalisme en kabeldiefstal te ondersoek. Die stad sê onlangse voorvalle kon die werk gewees het van ‘n georganiseerde sindikaat. Die woordvoerder van die stad, Mabine Seabe, sê die vandalisme raak mense se lewens omdat dit inwoners is wat die nagevolge dra.