Oshana-streek se voedselnood is hoog

Die Oshana-streeksraad sal appelleer teen die besluit deur die kantoor van die eerste minister om nie droogtehulpvoedsel aan die streek toe te ken nie, en sê al hoe meer mense is voedselonseker en is afhanklik van hulp. Die hoofstreeksbeampte, Teopolina Hamutumua, het gesê die besluit om die streek van die droogtehulpprogram uit te sluit, het hulle nou gedwing om fondse te verkry om mense in nood by te staan. Hamutumua het verklaar dat ‘n begroting van 50 000 Namibiese dollar gedurende die boekjaar 2021/22 gebruik is om 113 mense wat voedsel-onseker is in die streek by te staan. Hulle het elk ‘n kospakkie gekry wat ‘n sak of twee mieliemeel bevat, afhangende van die aantal mense in die huishouding. Elly Ashikoto, skakelbeampte van Oshana-streeksraad, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.