Staatswerkers kry N$500 miljoen geskenkie

Die land se sowat 107 000 staatsamptenare kan uitsien na ‘n vroeë Kersfees, nadat die finansministerie se uitvoerende direkteur, Titus Ndove, aangekondig het sowat 500 miljoen Namibiese dollar gaan volgende Vrydag aan hulle uitbetaal word. Dit verteenwoordig terugwerkende uitbetalings van hul verhoogde behuising- en vervoertoelaes, ingevolge die ooreenkoms vir hoër salarisse en byvoordele wat in middel November onderteken is. Die terugbetaling is van April tot Desember vir personeellede onder bestuursvlak, terwyl behuisingstoelae vir bestuur slegs van Oktober tot Desember bereken sal word.