Staatsgreep misluk in Bolivia 

Die polisie in Bolivia het die leier van ʼn staatsgreeppoging gearresteer ure nadat soldate die presidensiële paleis in die hoofstad La Paz bestorm het. Gepantserde voertuie en soldate op Murillo-plein waar belangrike regeringsgeboue is, het later onttrek. Die rebelleleier in beheer, Juan José Zúñiga wat nou onder arres is, sê hy wou die demokrasie herstruktureer deur die regering te verander. President Luis Arce het die staatsgreeppoging veroordeel en doen ʼn beroep op die publiek om ten gunste van demokrasie te mobiliseer.