Staatsamptenare: Meerderheid ten gunste van staking, tot dusver

Voorlopige uitslae in die stemmery vir of teen ‘n landswye staking vir staatsamptenare, toon dat die groter meerderheid ten gunste van ‘n staking is. In die Oshana-streek het meer as 3 000 ten gunste van ‘n staking gestem, teenoor 114 teen. In Zambezi, is meer as 2 200 vir ‘n staking met 46 teen. En so gaan dit aan. Meer as 3 100 het in Otjozondjupa ten gunste gestem met 76 teen, met die groter meerderheid in Oshikoto wat ook wil staak. Staatsamptenare het jare laas ‘n verhoging gehad en onderhandelings het onlangs op ‘n dooiepunt uitgeloop. Hulle eis ‘n 9 persent salarisverhoging met ‘n verdere 9 persent op behuisingsvoordele en 10 persent op vervoer.