Staatsamptenare besorg oor cholera-uitbreking

Die Vereniging van Staatsamptenare in die buurland is uiters besorg oor die cholera-uitbreking in Hammanskraal aangesien dit ʼn beduidende gesondheidsrisiko vir die gemeenskap en gesondheidswerkers inhou. Die vereniging kritiseer die regering se trae reaksie met die waterkrisis, wat inwoners se grondwetlike reg tot skoon drinkwater ondermyn. ʼn Woordvoerder van die vereniging, Reuben Maleka, sê die minister van gesondheid, Joe Phaahla, moet meer verpleegsters in diens neem. Maleka versoek ook dat President Cyril Ramaphosa ʼn taakspan saamstel om ʼn pandemie te voorkom en oorwerkte gesondheidswerkers te ondersteun.