Staat verloor aansoek om militêre veterane se saak uit te stel

Die Pretoriase landdroshof het die staat se aansoek dat die saak teen 56 mense wat by ‘n gyselaardrama betrek word met sewe dae uitgestel word, van die hand gewys. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle die minister van verdediging, Thandi Modise, haar adjunk Thabang Makwetla, en die minister in die Presidensie, Mondli Gungubele, gyselaar gehou het. Die staat wou die saak uitstel sodat die beskuldigdes se adresse bevestig kan word. Landdros Bheki Ntsingila het opdrag gegee die aansoeke om borgtog moet môre begin.