Fietsryers dryf musiek aan by eko-toekennings

Twee boesemvriende wat koraal kweek en die land, Costa Rica, is onder die wenners van die heel eerste Earthshot-pryse. Dit is prins William van Brittanje se manier om mense te vereer wat werk om die planeet te red. Elkeen van die vyf wenners het 20 miljoen Namibiese dollar ontvang. Costa Rica het vroeër die meeste van sy woude uitgewis, maar het nou twee keer soveel bome. Twee vriende in die Bahamas het ‘n manier gevind om koraalriwwe tot 50 keer vinniger te laat groei. Die musiek by die seremonie in Londen is deur 60 fietsryers van krag voorsien.