Staat appelleer teen Gustavo se borg

Die aanklaer-generaal Martha Imalwa het appèl teen Ricardo Gustavo se borg by die hooggeregshof aangeteken. In haar stukke sê sy hoërhofregter Herman Oosthuizen het fouteer om borg aan die Fishrot-beskuldigde toe te staan omdat hy nie nuwe gronde vir borg gebring het nie. Hy het op dieselfde gronde, waarop borg geweier is, dié aansoek gebring. Oosthuizen het Gustavo op 15 Desember op 800 000 Namibiese dollar se borg vrygelaat. Imalwa hou voet by stuk dat Gustavo ‘n vlugrisiko is.