N$2,28 miljard se kokaïen gevind

Die onderskepping van ‘n semi-dompeltuig aan die kus van Colombia word beskryf as die grootste dwelmvonds die afgelope twee jaar in die Stille Oseaan. Die vaartuig het 4 ton kokaïen bevat wat nagenoeg 2,28 miljard Namibiese dollar werd is. Internasionale media berig die Colombiaanse vloot het die vaartuig onderskep op pad na Sentraal-Amerika. Dit is tans onseker of iemand in hegtenis geneem is. Die vloot het in September verlede jaar ‘n soortgelyke vaartuig in die Suid-Stille Oseaan onderskep wat 1,8 ton kokaïen vervoer het.