Staat appelleer tans teen Gustavo se borg

Die staat se appèl teen die toestaan van borg aan Fishrot-beskuldigde Ricardo Gustavo is op die oomblik aan die gang in die hooggeregshof. Regters Dave Smuts, Sylvestor Mainga en Elton Hoff is op die regbank. Die staat wil die 800 000 Namibiese dollar in borg wat aan Gustavo deur regter Herman Oosthuizen toegestaan is, van die hand laat wys. Staatsadvokaat Ed Marondedze sê die daar is meer as genoeg bewyse dat Gustavo skuldig is.