Staak militêre optrede in Gaza, vra SA

Die Suid-Afrikaanse regering doen ‘n beroep op Israel om sy militêre optrede in Gaza te staak en meer humanitêre bystand toe te laat in die besette gebied. Die regering stel sy saak van volksmoord teen Israel in die Internasionale Geregshof in Den Haag, Nederland. Die justisie-minister, Ronald Lamola, sê indien die hof Israel se optrede beskou as ‘n skending van die Volksmoord-konvensie, behoort voorlopige maatreëls ingestel te word.