Groot krieketname maak SA20 debuut

Krieket: Twee van die grootste name in T20-krieket maak vanmiddag hulle debuut in die SA20 op Kingsmead in Durban. Die Windies-kolwers Kieron Pollard en Nicholas Pooran maak hulle buiging vir onderskeidelik MI Cape Town en Durban Super Giants. Pollard voer die besoekers aan. Pooran was vanjaar wêreldwyd in ʼn vernietigende vorm in T20-toernooie. Hy hou van die weer in Durban, want dis baie soos by die huis. Die Durbanse span word aangevoer deur die Protea-bouler Keshav Maharaj.