SQUID: goeie les in die risiko van kriptogeldeenhede

‘n Kripto-geldeenheid wat op die uiters gewilde Suid-Koreaanse reeks Squid Game gebaseer is en SQUID genoem is, is tans nul Amerikaanse dollar werd na die skeppers van die geldeenheid al hulle munte vir regte geld verkoop het en weggstap het met 2,1 miljoen Amerikaanse dollar in beleggers se geld. Arney Tjaronda, ‘n ekonoom van High Economic Intelligence, sê dit is baie riskant om in kripto-geldeenhede te belê, want daar is nie wetgewing nie.