Spyl vra 15% kwota by Swapo kieskollege

Die Swapo-party Jeugliga se sentrale komiteelede het by die Sam Nujoma Veeldoelige Sentrum in die Oshana-streek bymekaargekom vir hul tweede sentrale komiteevergadering. Spyl Sekretaris Ephraim Nekongo het die party se vise-president en sekretaris-generaal gevra vir ‘n 15 persent-kwota vir die jeug tydens die party se komende kieskollege. Hulle wil hê die Swapo-partyleierskap moet verseker dat jongmense by leierskap ingesluit word en ook ‘n geleentheid kan kry om vir ministeriële poste oorweeg te word. Nekongo sê jong mense het die energie om Namibië en sy mense na groter hoogtes te neem.