SPYL sê Donderdag oor korrupsie-klag

Die Swapo Jeugliga sal Donderdag die media toespreek na een van sy Khomas-streekslede, Sylas Mungoba, aangekla is vir korrupsie en dwarsboming van die gereg. Mungoba word daarvan aangekla dat hy gepoog het om die Affirmative Repositioning-beweging om te koop om ‘n protes teen die regbank te reël vir die vrylating van die Fishrot-verdagtes. Die jeugliga se sekretaris-generaal Ephraim Nekongo sê hulle moet eers agter die kap van die byl kom voor hulle op die saak kan reageer.