Sputnik V is op pad – Shangula

Die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, het sy tevredenheid uitgespreek oor hoe die Covid-inentingsproses in die land verloop. Hy het gesê baie Namibiërs word ingeënt wat help om die pandemie te beveg. Hy sê Covid-sterfgevalle neem af en daar is voldoende entstowwe beskikbaar. Shangula het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die bykomende Sputnik V-entstof van Rusland sal ‘n breër keuse uit drie entstowwe aan die publiek gee.