Sprinkane verwoes alles, sê boer

‘n Boer van Grünau sê hy spuit al vir meer as week daagliks om die swerms sprinkane te bestry. Swerms sprinkane teister die Suide se boere, en veral die gebiede van Warmbad, Karasburg, Ariamsvlei en Ai-Ais loop erg deur. Swerms is tussen 1 en 4 kilometer breed en boere het hulle hande vol. Dolf de Wet van plaas Michberg sê aan Kosmos 94.1 Nuus die sprinkane verwoes hulle weiding.