Sprinkaanplaag in die Noord-Kaap

Boere in die Noord-Kaap van Suid-Afrika voer tans ‘n stryd teen ‘n bruinsprinkaanplaag
in sommige distrikte. Sprinkaanswerms is opgemerk op plase naby Upington, Pofadder
en Marydale. Boere wat geraak word, word aangeraai om saam met die Departement
van Landbou en Grondhervorming te werk om die situasie onder beheer te kry. Die
provinsie loop gereeld deur onder sprinkaanswerms as gevolg van veranderde
weerstoestande, terwyl die onlangse reën ook daartoe bydra.