Springbokvroue-span onveranderd vir Fidji-kragmeting

Die Springbok-vrouespan se afrigter, Stanley Raubenheimer, het sy beginspan vir Sondag se kragmeting teen Fidji in Nieu-Seeland onveranderd gelaat. Nolusindiso Booi sal dieselfde span op die veld lei wat verlede Saterdag teen Frankryk uitgedraf het. Die voorspeler Lerato Makua neem haar plek op die plaasvervangersbank in om Catha Jacobs te vervang. Raubenheimer sê alhoewel die name op die spanlys dieselfde is, sal hulle uitgangspunt verskil: