Kaapstad het groot sukses teen beurtkrag

Die Stad Kaapstad se kliënte is tussen Februarie en September vanjaar teen 1 100 ure van Eskom se 1 900 ure beurtkrag beskerm. Die stad het waar moontlik sy kliënte teen minstens twee beurtkragfases beskerm. Die burgemeesterskomiteelid vir Energie, Beverley van Reenen, sê dis hoofsaaklik moontlik gemaak deur die bestuur van die Steenbras-hidropomp-bergingskema: