Springbokke wil ná ses jaar einde maak aan verloor op Twickenham

Rugby: Die Springbokke gaan môreaand probeer om na ses jaar nie weer ʼn wedstryd op Twickenham te verloor nie. Hulle kom in die laaste wedstryd van ʼn lang seisoen teen Engeland te staan. Die Bokke het pas ʼn indrukwekkende oorwinning teen Italië behaal maar ʼn paar van hulle staatmakers is nie beskikbaar nie omdat die wedstryd buite die toetsvenster val. Voorryspeler Thomas du Toit was kaptein van Suid-Afrika A en hy is op die bank, gereed om sy 13de wedstryd vir die Bokke te speel.