Springbokafrigter Jacques Nienaber loof sy span

Rugby: Die Springbokafrigter Jacques Nienaber het die Springbokke geloof vir hulle oorwinning van 27-9 in die tweede toets teen die Britse en Ierse Leeus. Hy het die houding van die spelers asook die ondersteuning van die publiek geprys en gesê dit was aandoenlik om te sien. Volgens Nienaber was die Bokke die wenners in al die belangrikste afdelings van die spel in ‘n hoogs fisiese en taai toets. Siya Kolisi kaptein van die Springbokke het met die media gepraat na die wedstryd.

En die kaptein van die Leeus Alun Wyn Jones.