Springbok-vroue stel nie teleur nie

Die afrigter van die Springbok-vrouespan, Stanley Raubenheimer, sê hy is tevrede met die spelers se poging gister in Iwate waar Japan hulle met 15-6 geklop het. Dit was die eerste van twee toetswedstryde in die Japanse Rugby-uitdaagreeks. Die reeks vorm deel van die span se voorbereiding vir die Wêreldbeker wat in Oktober in Nieu-Seeland begin. Volgens Raubenheimer het hulle genoeg geleenthede vir drieë geskep, wat ʼn pluspunt is, maar dit nie in punte omskep nie, wat frustrerend was.