Springbok-vroue is gereed vir Kanada

Die Springbok-vroue se waarnemende afrigter, Louis Koen, het vier nuwelinge ingesluit by die groep wat Kanada Saterdag in Madrid die stryd aansê. Die heelagter Mary Zulu, senter Shaunique Hess, en die slot Danelle Lochner is in die begintal terwyl die agterspeler Byrhandré Dolf op die bank is. Negentien lede van die wedstryd-23 was deel van verlede jaar se Wêreldbeker-groep in Nieu-Seeland. Koen sê hulle verwag uitdagings van die Kanadese groep wat hom genoop het om Catha Jacobs vir dié wedstryd by die skrum-groep in te sluit: