EFF vies oor arrestasies in Gauteng

Die EFF in Gauteng sê hy veroordeel die optrede van die polisie en die Departement van Korrektiewe Dienste wat weier om mense vry te laat wat tydens Maandag se betogings gearresteer is. Meer as 550 mense is vasgetrek, waarvan 149 in Gauteng was. Hulle staar onder andere aanklagte van openbare geweld, intimidasie en beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur in die gesig. Dumisani Baleni van die EFF sê hulle gaan plakkaatbetogings by polisiekantore en howe hou om die betogers se vrylating te eis: