Springbok Sewes kyk vorentoe

Die Springbok Sewes-span is in die Verenigde Arabiese Emirate vir die naweek se Dubaise Sewes waarmee die nuwe seisoen afskop. Die Blitsbokke het ʼn goeie prestasierekord in Dubai en kan passievolle ondersteuning verwag, maar hulle gaan niks as vanselfsprekend aanvaar nie. Die ervare voorspeler, Impi Visser, sê hulle is gretig om die teleurstellende veldtog van die vorige seisoen agter hulle te plaas.