Hier is die Bank Windhoek Doek Literêre Toekennings wenners!

Die wenners van die 2023 Bank Windhoek Doek Literêre Toekennings is aangekondig. In die fiksie-afdeling is Roxane Bayer as die wenner aangewys, terwyl Nina Van Zyl bekroon is met die niefiksie-toekenning. Veripuami Nandee Kangumine was die wenner van die poësie-afdeling, terwyl Jean-Claude Tjitamunisa die visuele kuns-afdeling gewen het. Die toekennings word elke twee jaar gemaak om die werke van Namibiese literêre kunstenaars te vier. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Rémy Ngamije, die stigter van Doek! Literary Magazine, wat positief is dat die wenners internasionaal suksesvol sal wees.