Springbok-haker Dweba maak sy debuut vir Stormers

Rugby: Die Springbok-haker, Joseph Dweba, maak môremiddag sy debuut vir die Stormers in die Verenigde Rugbykampioenskaps-wedstryd teen Edinburgh. Sy insluiting is een van ses veranderings aan die span wat Connacht verlede naweek in Stellenbosch geklop het. Sy mede-Bokspelers, Damian Willemse, Deon Fourie en Salmaan Moerat, is almal in die beginspan ingesluit nadat hulle hul nasionale verpligtinge afgehandel het, met Herschel Jantjies onder die plaasvervangers en Marvin Orie wat die kapteinskap oorneem. Afskop op die Kaapstad-stadion is twee-uur.