Sportminister sê oor Onafhanklikheidstadion, Afcon en begroting

Die sportminister Agnes Tjongarero sê die besnoeiing in die ontwikkelingsbegroting het geen impak op die opknappings van die Onafhanklikheidstadion nie. Haar kommer lê by die feit dat die fondse in Februarie beskikbaar gestel is maar, nie benut is nie as gevolg van burokrasie. Die finansminister Ipumbu Shiimi het die ontwikkelingsbegroting met 65 persent gesny van 66 miljoen Namibiese dollar tot 23 miljoen dollar. Intussen is die gesamentlike bod vir Afcon 2027 met Botswana en plaaslike internasionale sokkerwedstryde in gedrang. Tjongarero het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.