Sportbyeenkomste gekanselleer na Elizabeth se afsterwe

Verskeie sportbyeenkomste is vandag afgelas ná die afsterwe van koningin Elizabeth die Tweede. Dit sluit vandag se spel in die kriekettoetswedstryd tussen Engeland en Suid-Afrika in. Die tweede dag van die PGA-kampioenskap in Wentworth, Surrey sal ook nie plaasvind nie. Die Engelse Sokkerliga het ook sy twee wedstryde vandag uitgestel. Alle perdewedrenbyeenkomste in Brittanje is ook gekanselleer. In fietsry is vandag se sesde skof van die Toer van Brittanje afgelas en die naweek se oorblywende tydtoetse is gekanselleer.