Spoornetwerk moet opgeknap word, maar die fondse…

TransNamib se uitvoerende hoof Johny Smith, sê om spoorkapasiteit tussen Kranzberg en Tsumeb te maksimeer, is 15 miljard Namibiese dollar nodig. Hy voeg by dat 88 persent van die opgradering en rehabilitasie van die 440 kilometer lyn teen ‘n koste van ongeveer 1 miljard dollar was. D&M Rail het die werk uitgevoer. Die opknapping is nodig as gevolg van die korridor tussen Walvisbaai en Noord-Namibië, wat die land met Angola, Demokratiese Republiek van die Kongo en Zambië verbind. Smith sê verder die werk op die laaste 20 kilometer sal teen Januarie volgende jaar voltooi wees. Die land se spoornetwerk is verouderd en is in 1960 gebou. Smith voeg by dat daar tans 100 swaar vragmotors per dag op die roete beweeg, wat die Walvisbaai-Lubumbashi-korridor benut en die vervoer behoort per trein te wees.