Hopwood oor geregtigheid op derde herdenking van Fishrot

Die burgerlike samelewing vra daadwerklike ingrypings op die derde herdenking van die Fishrot-skandaal. Daar is geen aksie wat in Ysland geneem is nie en die vissermanne wat hul werk verloor het ook geen bystand ontvang nie. Miljoene is verlore aan die staatskas en eise word gemaak dat nie net Ysland se owerhede nie, maar ook Namibiese owerhede, stappe neem vir regstellende geregtigheid. Die direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing Graham Hopwood het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.