Spesialiste vir swak presterende skole in die Kaap

Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement het planne aangekondig om spesialiste toe te wys aan skole wat swak presteer om te help om hul matriekprestasie te verbeter. Die besluit volg nadat een van die skole ‘n slaagsyfer van slegs 35,9-persent behaal het. Die departement se woordvoerder, Bronagh Hammond, sê hulle beoog om geteikende ondersteuning te bied aan skole wat uitdagings ervaar ten einde verbeterde onderwysuitkomste te verseker: