Spesiale boodskap vir 2024 vir Kosmos 94.1-luisteraars

Dis Oujaar na wat vir baie ‘n moeilike en uitdagende jaar was. Owerhede regoor die land herinner inwoners om veilig fees te vier en in meeste plaaslike owerhede is vuurwerke verban, behalwe vir amptelike partytjies soos aan die kus en in Windhoek. In die hoofstad sal Onafhanklikheidslaan oudergewoonte gesluit wees vir die stad se vieringe. Troeteldier-eienaars word gemaan om eerder hulle diere binnenshuis te hou, as gevolg van die impak van vuurwerke. Intussen het die bekende Stefan Ludik ‘n boodskap vir Kosmos 94.1 se luisteraars.