Amerikaners keer Houthi-aanval in Rooisee

Die Amerikaanse weermag sê een van sy torpedojaers het twee anti-skeeps-ballistiese missiele van Jemen afgevuur is, vernietig toe hy op ‘n noodoproep van ‘n vraghouerskip gereageer het. Die vaartuig is in ‘n afsonderlike aanval getref. Die missiele is glo van grondgebied onder beheer van die Iran-gesteunde Houthi-rebelle gevuur en dit is die 23ste aanval deur die Houthi’s op internasionale skepe sedert 19 November. Internasionale nuusagentskappe berig die aanval deur Jemeense rebelle, wat Israeliese en Israelies-verwante vaartuie teiken, stel ‘n deurgangsroete in gevaar wat tot 15 persent van wêreldhandel dra, en wat die Amerikaanse vloot se Rooisee-beskermingstaakmag geaktiveer het.